£765,086
4 bed farm for sale
Property photos
Guide price
£765,086
4 bed farm for sale
South Africa, Northern Cape, Orania, Rooipad, H0784 beds
2 baths
2 receptions
Added on
Local area information
Property location
This location is approximate only. Contact the agent for the exact address.
Nearby amenities
Features and description
- Country Living
- Backup Water
- Air Conditioning Unit
- Bar Counter
- Blinds
- Built In Braai
- Change Rooms
- Carport
- Bungalow
- Accommodation
Perde-prag in die Karoo!
Hierdie unieke perde-landgoed eenheid is 'n ongekende oase in die karoo; slegs 700 meter vanaf die oewer van die Oranjerivier. Die lowergroen grasperke, goed versorgde tuin en netjiese perdestalle en -ringe bied aan u en u gaste 'n egte plaaservaring wat hulle weer en weer sal laat terugkom na ware vryheid.
Die landbouhoewe bestaan uit twee geregistreerde aandeelblokke wat saam 1.7ha waterregte het; genoeg water om as 'n ekonomiese eenheid te bedryf. Die grond is gesoneer as 'n landbouhoewe 1 met besigheidsregte om as gasteplaas te funksioneer. DIe bestaande restaurant en koffiewinkel beskik oor 'n toegeruste kombuis met 'n egte pizza-oond, ingeboude kroeg, gesellige kaggel en ruim onthaal-area. (Sien nota hieronder oor toerusting/meubels ingesluit) Die stewige houtdek kyk uit oor 'n netjiese loopvlak ("catwalk"') en skakel natuurlik in by die tasbare plaaslewe, perderinge en besonderse sonsondergange.
Die kaapse boustyl, druiweprieele, eende-dam en palmbome is die toonbeeld van rustigheid en kalmte wat slegs die karoo kan bied. Die tweeslaapkamer plaashuis is onlangs opgradeer en bied aan die eienaar 'n snoesige atmosfeer en is netjies afgerond met kandelare, ontwerperstrap, funksionele kombuis en aparte opwasgeriewe. Daar is ook 'n geboude tuinkamer en store op die perseel.
Die uitleg van die spesiale ingang, kampe, restaurant, ablusie fasiliteite en tuin is weldeurdag en bied aan u gaste genoegsame spasie om selfs funksies in groot tente aan te bied. Genoegsame parkering is beskikbaar vir besoekers, asook dubbelafdakke. Die eiendom is energie-onafhanklik met 'n sonstelsel met battery rugsteun, boorgat, gevestigde groentetuin, septiese tenk en 'n groenhuis. 'n Losstaande kantoor is op die perseel beskikbaar, wat kan dien as ontvangs of omskep kan word in 'n gaste-lokaal.
Daar is twee gemeubileerde kothuise vir gaste, weggesteeek in die bos, wat aan besoekers ook privaatheid bied. Gaste wat oornag op die gasteplaas het toegang tot netjiese ablusiegeriewe en natuurlik die restaurant en koffiewinkel.
Die 1Ha vakante hoewe (aandeelblok H139) is reeds toegerus met alles wat nodig is vir die entoesiastiese perderuiter: Netjiese paadjies, perdekampe, voerstoor, aantrekkamer, opsaaldokke, oordekte voerbakke en krippe. Hierdie grond het ook potensiaal om verder ontwikkel te word en selfs onderverdeel te word.
Bonus: 'n Gespesifiseerde lys van A+++ toerusting en meublement vir die huis, restaurant, kantoor en gaste kothuise is ingesluit by die prys van die eiendom. 'n Volledige inventarislys van laasgenoemde is beskikbaar op aanvraag.
Hierdie eiendom is enig in sy soort in Orania, u wil nie hierdie geleentheid misloop nie!
Lw. Verblyfreg is 'n voorvereiste.

Floor plans and tours
Floor plans (5)
Tours
No virtual tour available
More information
Listed by
Hamptons International
View agent properties.png)
Property descriptions and related information displayed on this page are marketing materials provided by - Hamptons International. Zoopla does not warrant or accept any responsibility for the accuracy or completeness of the property descriptions or related information provided here and they do not constitute property particulars. Please contact Hamptons International for full details and further information.